# Die Universiteit van Pretoria het ‘n eredoktorsgraad in Opvoedkunde toegeken aan Suid-Afrika se mees gevierde en veelbekroonde redaksionele spotprenttekenaar, Jonathan Shapiro, beter bekend as Zapiro. Die universiteit sê sy spotprente hou die afgelope vier dekades ‘n boeiende, insiggewende spieël op van gebeure in Suid-Afrika. Shapiro sê dis vir hom uiters aangenaam om te sien […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy verwag die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se hersiene begroting sal reageer op verskeie probleme wat die land in die gesig staar. Dit sluit in oorvol skole en tronke, en hospitale en klinieke se personeeltekorte. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naiker, sê hulle vra Godongwana ook om ʼn begroting in […]
# Die Verenigde Nasies sê geen hulp is nog in Gaza versprei nie, ondanks vragmotors met onder meer meel, babakos, mediese toerusting en farmaseutiese medisyne, wat die grens begin oorsteek het. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het Sondag die elf weke lange versperring opgehef, wat ‘n basiese hoeveelheid voedsel toelaat om Gaza binne te gaan. […]
# Die ANC-studiegroep in Internasionale Betrekkinge en Samewerking glo president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump, sal positiewe uitkomste oplewer tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Die twee leiers vergader vandag by die Withuis. Die studiegroep sê die besoek bied ʼn belangrike geleentheid om diplomatieke bande te versterk, ekonomiese samewerking te verbeter […]
# Die Nasionale Vergadering het ‘n verslag aanvaar vir die aanbevole boonste skenkingsperk vir politieke partye en die openbaarmakingsperk vir politieke partye, onafhanklike kandidate en onafhanklike verteenwoordigers. Die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake, het aanbeveel dat die boonste perk vir skenkings op 30-miljoen-rand gestel word en die openbaarmakingsperk op 200-duisend-rand in ‘n spesifieke boekjaar. Die komiteevoorsitter, […]
# Twee Kaapstadse wetstoepassingsbeamptes is op aanklagte van ontvoering en afpersing gearresteer. Dit volg na ‘n interne ondersoek deur die Veiligheids- en Sekuriteitsondersoekeenheid. Die beamptes wat lede van die Metaaldiefstaleenheid was het na bewering twee mans in Khayelitsha ontvoer en ‘n losprys vir hulle vrylating geëis. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê […]