# Die Nasionale Raad van Provinsies oorweeg vandag die Toedelingswetsontwerp en die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting. Die Nasionale Vergadering het verlede week die twee wetsontwerpe aanvaar. Die Toedelingswetsontwerp maak voorsiening vir fondse van die Nasionale Inkomstefonds vir die 2025/2026-boekjaar. Die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting stel betaling van rente in op lenings aan die kragvoorsiener, in plaas van […]
# Die Oos-Kaapse polisie het drie verdagtes gearresteer in verband met die moord op Emalahleni-munisipaliteit se hoofsweep, Xoliseka Lali. Die 43-jarige Lali is deur onbekende verdagtes by sy woning in South East Village, Westbourne in Komani doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die verdagtes is amptelik van moord aangekla en verskyn vandag in die Queenstown-landdroshof:
# Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal Palestina in September as ʼn staat erken tensy Israel stappe doen om die situasie in Gaza te beëindig en ʼn skietstilstand bereik. Ongeveer 140 lande erken amptelik ʼn Palestynse staat en verlede week het Frankryk beloof om in September tydens ʼn vergadering van […]
# Die Konstitusionele Hof hoor vandag ʼn dringende aansoek van die MK-party aan wat president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas en Firoz Cachalia as waarnemende minister aan te stel, uitdaag. Die MK-party voer aan Ramaphosa het nie volgens die Grondwet opgetree toe hy Mchunu […]
# Die energiekenner Chris Yelland sê Eskom se regsgeding teen die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika is gevaarlik onvanpas. Die kragvoorsiener staan Nersa se besluit in 2024 teen om vyf nuwe elektrisiteitshandelslisensies, en ‘n oorgrens-handelslisensie, uit te reik. Eskom sê die handelslisensies is ‘n grondliggende en eensydige beleidsverandering deur Nersa, wat elektrisiteitsvoorsiening omver kan werp. Yelland […]
# Aanhangers van die musieklegende Ozzy Osbourne sal hulde aan hom kan betoon wanneer sy stoet later vandag deur sy tuisstad Birmingham beweeg. Osbourne is op 22 Julie in die ouderdom van 76 dood, minder as drie weke nadat hy en Black Sabbath ‘n afskeidskonsert gehou het. Die Birmingham-stadsraad sê die geleentheid, wat deur ‘n […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê tugstappe sal gedoen word teen senior amptenare wat betrokke was by ‘n suurstofaanleg-tenderbedrogsaak ter waarde van 800-miljoen-rand. Dit volg op PricewaterhouseCoopers se forensiese ondersoek waarin vals dokumente en onreëlmatige verkrygingsprosesse aan die lig gebring is. Macpherson sê die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, […]
# Die vier beskuldigdes in die moord op DJ Sumbody en sy lyfwagte staan nou tereg op nog aanklagte nadat die polisie hulle verbind het met ander hoë-profielmoorde in Gauteng. Katiso Molefe, Michael Pule Tau, Musa Kekana, en Tiego Mabusela word glo verbind met die moorde op Hector Buthelezi, ook bekend as DJ Vintos, en […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola het bevestig dat Suid-Afrika dringende wêreldwye optrede ondersteun vir ‘n twee-staat oplossing vir Palestina en Israel. Lamola het by ‘n Verenigde Nasies-vergadering in New York die vernietiging van Gaza veroordeel en gevra vir erkenning van Palestina se staatskap. Lamola sê vrede hang af van die […]