# Die vakbond Solidariteit sê die skikking wat bereik is tussen FlySafair en sy vlieëniers, is ‘n klein oorwinning vir die werkers, maar ‘n terugslag vir arbeidsverhoudinge. Die ooreenkoms is deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie teweeggebring en beëindig ‘n 12-dae lange staking en die uitsluiting van vlieëniers. Dit bied vlieëniers meer rustyd, […]
# Die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor het vir die eerste keer in nege maande tekens van herstel getoon. Die Absa-aankoopbestuurdersindeks het tot 51 punte in Julie gestyg, vergeleke met 49 in Junie, wat ‘n geringe groei in vervaardigingsaktiwiteit aandui. Nuwe bestellings het tot 56 punte gestyg, gedrewe meestal deur sterk plaaslike aanvraag. Absa en die Buro vir […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hy sal die waarnemende minister, Firoz Cachalia, inlig oor die vele kwessies in die Polisiemag, insluitend die behoefte aan meer hulpbronne en personeel. Masemola het voor die Uniegebou sy volle steun aan Cachalia beloof en sê die Polisiediens sien uit na sy leiding om veiligheid in Suid-Afrika te […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die uitkoms van die Madlanga-kommissie van ondersoek sal gevolge hê en ‘n invloed op president Cyril Ramaphosa se besluit oor die leierskap van die ministerie. Hy is vanoggend ingehuldig terwyl Senzo Mchunu op spesiale verlof is. Cachalia het buite die Uniegebou verduidelik dat daar in die […]
# AfriForum sê die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere is die gevolg van die ANC-geleide regering se versuim om aandag te skenk aan menseregtekwessies, veral kwessies wat minderhede raak. Die burgerregte-organisasie gee diskriminerende rassebeleide soos swart ekonomiese bemagtiging die skuld, en noem dit ‘n belangrike knelpunt in Amerikaanse onderhandelinge. Ernst van Zyl […]
# Cricket: Engeland snelbouler Chris Woakes gaan die res van die vyfde toets teen Indië as gevolg van ‘n skouerbesering misloop. Woakes het die besering Donderdag in die eerste dag van die vyfde en bepalende toets teen Indië op die Oval opgedoen toe hy ‘n grenshou probeer keer en sleg geval het. Hy was duidelik […]
# Rugby: Die Walliese vleuel Louis Rees-Zammit keer terug na rugby-unie nadat hy sy poging laat vaar het om Amerikaanse voetbal te speel. Hy het verlede seisoen by Jacksonville Jaguars deurgebring nadat Kansas City Chiefs hom laat gaan het, maar het geen NFL-verskynings gemaak vir enige van die twee spanne nie. Die blitsvinnige 24-jarige voormalige […]
# Duitsland sal binnekort nog twee Amerikaanse Patriot-lugverdedigingstelsels aan Oekraïne lewer, met Kiëf wat veg teen ‘n groeiende aantal Russiese hommeltuig- en missielaanvalle. Die Duitse ministerie van Verdediging sê nadat ‘n ooreenkoms met die Verenigde State bereik is, sal die Duitse weermag eersdaags bykomende Patriot-lanseerders lewer, en sal verdere toerusting in die volgende twee tot […]