# Die DA veroordeel wat hulle beskryf as die ANC se blatante misbruik van die Ngwathe Munisipale Raad in die Vrystaat om ‘n besluit goed te keur wat reeds agter geslote deure geneem is. Gedurende ‘n spesiale raadsvergadering, is die raad gevra om te besluit om te appelleer teen ’n hofuitspraak wat die raad ontbind […]
# Die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo gaan na verwagting vandag ‘n geskiedkundige vredesverdrag in Washington onderteken in die teenwoordigheid van hulle Amerikaanse ampsgenoot, Marco Rubio. Die ooreenkoms, wat deur Katar en Amerika bemiddel is, sluit gesamentlike veiligheidskoördinering, die ontwapening van gewapende groepe en vlugtelinge se terugkeer in. […]
# Navorsers by die Universiteit Stellenbosch speel ‘n leidende rol in ‘n wêreldwye proefneming wat die gebruik van kunsmatige intelligensie ondersoek om die diagnose van tuberkulose te verbeter. Die projek onder die opskrif, ‘Rekenaarondersteunde diagnose met long-ultraklank vir gemeenskapsgebaseerde pulmonale tuberkulose-sortering in Benin, Mali en Suid-Afrika’, bestaan uit ‘n konsortium van 10 gesondheids- en navorsingsinstellings […]
# Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, herbevestig die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is gereed om die land se soewereiniteit te verdedig ondanks fiskale beperkings en verouderende toerusting. Die departement werk nou saam met die Tesourie en die Presidensie om die Lugmag se vermoë te verbeter, insluitend die voortgesette onderhouding van vliegtuie en verkrygingspogings. Mothshekga erken […]
# ‘n Nuwe verslag deur die Boston Consulting Group onthul dat 52-persent van werkers wêreldwyd optimisties is oor Kunsmatige Intelligensie en generatiewe Kunsmatige Intelligensie, teenoor 35-persent in 2018. KI word grootliks aanvaar met 72-persent van die tienduisend-600 respondente in elf lande wat dit gereeld gebruik. Die aanvaarding deur leiers het egter op 51-persent vasgehak. Volgens […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Afrika moet ophou om net onverwerkte grondstowwe te verskaf. Lamola het tydens die derde G20 vergadering van Sherpa-afgevaardigdes gevra vir ‘n kritieke mineraalraamwerk om veredeling, nywerheidsgroei en werkskepping te bevorder. Lamola moedig ook samewerking aan tussen die Globale Noorde en Suide vir billike ontwikkeling. […]
# Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het besluit om die proses vir die verkiesing van toekomstige gasheerstede vir die Somer- en Winterspele te onderbreek. Dit volg na ‘n tweedaagse uitvoerende raadsvergadering in Lausanne, Switserland. Die president van die IOK, Kirsty Coventry, sê hulle sal ‘n werksgroep stig wat sal kyk na die bod-proses en […]