# Motorsport: Duisende motorren-geesdriftiges word verwag om vandag na die eerste Speed Classic Cape Town te stroom, wat die stad se geskiedkundige heuwelren-tradisie op Philip Kgosana-rylaan gaan laat herleef. Tafelberg is vandag die gasheer vir klassieke motor-wedrenne, met meer as 70 seldsame en ikoniese voertuie, insluitend ‘n 1930 Bentley 4.5L, wat teenwoordig gaan wees. Môre […]
Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n padsluitingswaarskuwing uitgereik voor môre se Virgin Active 94.7 Ride Johannesburg-fietswedren. Die geleentheid sluit ‘n 97 kilometer lange padwedren en ‘n 35 kilometer lange kort roete in. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes sal ontplooi word om veiligheid te verseker en verkeer van 4 vm tot 5 nm in die betrokke gebiede, […]
# COSATU het die regering se vordering geprys met die bevindinge van die Verenigde Nasies se Finansiële Aksietaakmag oor die gryslys. Dit volg op die aankondiging van die Taakmag gister dat Suid-Afrika aan al die vereistes rakende geldwassery voldoen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hoewel hy hierdie belangrike prestasie verwelkom, is dit van kritieke […]
# Die DA het die werk, fokus en toewyding van die regering geprys om Suid-Afrika van die finansiële handel beperkende gryslys, te laat verwyder. Die party sê sedert hulle deel van die regering is, het hulle gehelp om die uitkoms te verseker. Mark Burke van die DA sê egter daar is geen plek vir selfvoldaanheid […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika is besig met die verskerping van die deportasies van ongedokumenteerde migrante namate die werkkrisis vererger. Die minister het in ‘n onderhoud met Bloomberg bevestig dat 51-duisend mense die afgelope jaar gedeporteer is, meer as Frankryk en Duitsland saam. Schreiber het aangevoer dat ongedokumenteerde migrante met […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het die land se parool- en borgtogstelsel as ‘n probleem vir die samelewing beskryf. Cele het voor die Parlement se ad hoc-komitee gesê dit dra by tot die stygende herhalingsmisdaadsyfers. Hy beklemtoon dat baie oortreders wat op parool vrygelaat word, terugkeer na misdaad, soms gemik op hul […]
# Rugby: Die Glasgow Warriors het gisteraand met 21-12 by Scotstoun oor die Bulle geseëvier om tydelik die eerste plek in die Verenigde Rugbykampioenskap in te neem. Die Bulle het vroeg in die tweede helfte met 12-7 voorgeloop na ‘n drie deur heelagter Willie le Roux. Die wedstryd het egter dramaties in die tweede helfte […]
# Die president van die Finansiële Aksietaakmag, Elisa de Anda Madrazo, het aangekondig dat Suid-Afrika van die gryslys verwyder is. Die land is die eerste keer in November 2023 bygevoeg weens tekortkominge in sy standaarde vir die bekamping van geldwassery. De Anda Madrazo sê Suid-Afrika het al 22 tekortkominge wat twee en ‘n half jaar […]