# Rugby: Die veelsydige Wallaby-agterspeler, Joseph Suaalii, glo hy sal fiks wees om in die toetsreeks van drie wedstryde teen die Britse en Ierse Leeus te speel. Die eerste toets vind op 19 Julie plaas. Die 21-jarige het sy kakebeen ‘n maand gelede gebreek met harsingskudding en ‘n toonbesering wat hsy tyd vir die Waratahs […]
# Rugby: Ses spelers verlaat die Haaie nadat hulle Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen geëindig het met hulle halfeind-nederlaag teen die Bulle. Eduan Keyter vertrek na die Leeus, James Venter skuif na Gloucester, Ntuthuko Mchunu gaan vir die Stormers speel, Henry Immelman keer terug na die Bulle na sy leen-ooreenkoms en Dylan Richardson skuif na Edinburgh, terwyl Gerbrand […]
# Sokker: Die mede-gasheer, Mexiko, is gewikkel in ‘n wedloop teen tyd om die ikoniese Azteca-stadion op te gradeer voor die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi. Mexiko sal die eerste land wees wat die internasionale skouspel vir ‘n derde keer aanbied wanneer die toernooi op 11 Junie volgende jaar begin. Die stadion in die hoofstad, Mexikostad, […]
# SASSA het erkenning gegee aan die Universal Basic Income Coalition se bekommernisse oor die kontrolering van toelaes. SASSA sê hierdie prosesse is in ooreenstemming met wetlike voorskrifte en gemik op die voorkoming van bedrog, veral in gevalle waar begunstigdes nie veranderings in inkomste verklaar nie. Nagenoeg 58-duisend uitbetalings is vertraag maar nie opgeskort nie […]
# Die Nasionale Vergadering het die 2025 fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle goedgekeur, met 268 lede van die Parlement wat ten gunste daarvan gestem het en 88 daarteen. Die meeste steun was deur die ANC met 145 stemme, gevolg deur die DA met 80. Die MK-party en die EFF het daarteen gestem met BOSA wat buite […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê die polisie het bevestig 49 mense is dood weens onlangse vloede in die provinsie, insluitend vier leerders, hul busbestuurder en kondukteur. Mabuyane sê honderde mense is ontwortel en die aantal sterftes sal na verwagting toeneem. Hy bevestig provinsiale regeringspanne is ontplooi om skadebepaling te doen, gesinne wat geraak […]
# Die vakverbond COSATU het sy steun vir president Cyril Ramaphosa se oproep vir ‘n Nasionale Dialoog, uitgespreek. Matthew Parks van COSATU, verwelkom die besluit om die sekretariaat by Nedlac te vestig en dit as ‘n hoeksteun vir koordinering beskryf. Terwyl Parks die demokratiese vooruitgang erken, het hy gevra vir ernstige aandag om armoede, werkloosheid, […]
# Die Durbanse hawe het sy grootste houerskip ooit hanteer. Die MSC Rifaya is 400-meter lank en het ‘n dravermoë van 19-duisend-437 houers. Die ongeskeduleerde besoek het die gebruik van vier sleepbote behels. Die waarnemende hawemeester, Nkumbuzi Ben-Mazi, sê die gebeure bewys Durban se gereedheid en vermoë om mega-vaartuie te hanteer. Hy sê die hawe […]