# ActionSA het die Stad Tshwane onder die leiding van burgemeester Nasiphi Moya, geloof vir die skep van 85-persent van Gauteng se nuwe werkgeleenthede. Die jongste kwartaallikse arbeidskragopname wys dat van die tweede kwartaal in 2024 tot die tweede kwartaal vanjaar, die metro 71-duisend van die 83-duisend nuwe werkgeleenthede in Gauteng geskep het. Samkelo Maseko […]
# City Power het onwettige besetting van geboue en gevaarlike elektriese verbindings veroordeel omdat dit lewens in gevaar stel, brandgevaar inhou en Johannesburg se kragnetwerk bedreig. Die nutsbedryf sê dit veroorsaak groot finansiële verliese, verhinder opgradering van die infrastruktuur, ontwrig sakeondernemings en veroorsaak kragonderbrekings vir betalende kliënte. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê klimaatsverandering verhoog bedreigings, maar is ook ʼn geleentheid om regverdiger, sterker en veerkragtige samelewings te bou. Een van die ambisies van Suid-Afrika se G20-presidentsagenda is om klimaat-finansies te ontsluit. Die regering het verlede jaar die Klimaatsverandering-reaksiefonds gestig om die gevolge van aardverwarming teen te werk. […]
# ActionSA veroordeel die speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, se besluit om die skorsing van die Spesiale en Onafhanklike Ondersoekkomitee op te hef. Die komitee het in Junie 2023 goedkeuring gekry om bewerings van korrupsie deur amptenare van die Groep Forensiese en Ondersoekdienste te ondersoek. Die gewese speaker, Nobuhle Mthembu, het die ondersoeke […]
# AfriForum waarsku die Wysigingswetsontwerp op Minerale Hulpbronontwikkeling sal vernietiging en korrupsie verskans as destruktiewe onwettige mynbedrywighede gewettig word. Die wetsontwerp wil onder meer ambag en kleinskaalse mynpermitte toeken, die definisie van gemeenskap en betekenisvolle konsultasie verander en mynprojekte versnel. Marais De Vaal van AfriForum sê as die wetsontwerp onderteken word voordat afdwingbaarheid en geloofwaardige omgewingsoorsig […]
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng waarsku die Ekurhuleni-munisipaliteit teen ʼn vals sin van sekuriteit met sy huidige bankbalans van 1,1-miljard-rand. Dis gelykstaande aan 21 dae se bedryfskoste. Denise Janse van Rensburg van die VF Plus sê die syfer is misleidend omdat dit nie die 5,79-miljard-rand Eskom-skuld of 439-miljoen-rand skuld aan Rand Water in ag […]
# Die Stad Tshwane sal vandag die akademiese reis van 40 verdienstelike leerders by die Seshegong Secondary School in Olievenhoutbosch verander deur splinternuwe skootrekenaars aan deelnemers van die Youth to Gemba-program te oorhandig. Die program is ʼn projek wat jongmense van die klaskamer na die hart van regte werksplekke neem. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en […]
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, het ‘n dissiplinêre raad gestig om finansiële wangedrag en onwettige, ongewone, nuttelose en verkwistende uitgawes te ondersoek. Die minister van Finansies, Enogh Godongwana, het vroeër die maand gedreig om befondsing van die metro te onttrek as die burgemeester nie vorendag kom met ‘n omvattende program om ongemagtigde uitgawes teen […]