# Die MK-party sê President Cyril Ramaphosa se voorgestelde Nasionale Dialoog is ‘n bespotting en daarop gering om die politieke elite se belange te beskerm. Die party voer aan die regering van nasionale eenheid ignoreer steeds die swaarkry van werkloses en armes. Nhlamulo Ndhlela van die MK sê die party sal die dialoog boikot en […]
# Die Stad Tshwane en die Tshwane-metropolisiedepartement het ‘n vyfjaar ooreenkoms met AWARE.org onderteken om dronkbestuur hok te slaan. Die ooreenkoms sal fokus op bewusmaking, opvoeding oor padveiligheid en wettige asemtoetse. Die uitvoerende hoof van AWARE.org, Mokebe Thulo, sê die vennootskap is daarop gemik om alkoholverwante skade met opvoeding en afdwinging te verminder. Die hoof […]
# United Africans Transformation sê Jeugmaand is betekenloos vir miljoene jong Suid-Afrikaners wat vasgevang is in die greep van werkloosheid. Die party eis ‘n werkwaarborg vir die jeug om te verseker geen jongmens is meer as ses maande sonder werk nie, te midde van die jeugwerkloosheidsyfer van 46-persent. Mighty Mabule van die party beskuldig die […]
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika en die sake-instelling Sakeliga het die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, tot 18 Junie kans gegee om die nuwe diensbillikheidsregulasies op te skort of dringende regstappe te verwag. Die groepe is gekant teen reëls wat maatskappye met 50 of meer werknemers dwing om ras-, geslags- en gestremdheidskwotas […]
# Die ANC-veteraan Mavuso Msimang het president Cyril Ramaphosa se bekendstelling van die Nasionale Dialoog verwelkom. Die vergadering op 15 Augustus sal deur ‘n groep van 31 gesiene persone gelei word. ‘n Nasionale Kongres word vroeg in 2026 beplan. Msimang het in ‘n onderhoud met SABC News die dringendheid beklemtoon om werkloosheid, lae lone, armoede, misdaad […]
# Ses opkomende sterre sal vanaf 26 Junie tot 6 Julie vanjaar nuwe produksies by die Nasionale Kunstefees in Makhanda in die Oos-Kaap bekendstel. Asanda Ruda, Siya Charles, Muneyi, Calvin Ratladi, Modise Sekgothe, en Nyakallo Maleke is Standard Bank se Jong Kunstenaars vir 2025. Die toekenning vier dans, jazz en ander musiek, teater, digkuns, en […]
# Suid-Afrikaanse Brouerye sê alle lewensvatbare moontlikhede word oorweeg te midde van ‘n herstruktureringsproses wat tot werksverliese kan lei. News24 berig Saftu beskuldig SAB dat hy werksgeleenthede aanhoudend teiken. Die federasie waarsku dat die poste van 233 pakhuiswerkers nou in gevaar is met meer as ‘n duisend werksgeleenthede wat die afgelope ses jaar verloor is. […]