# Die Nasionale Informele Handelaarsalliansie van Suid-Afrika sê hulle is onregverdig uitgesluit van Parlementêre verhore oor die Wet op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels. Die organisasie, wat meer as twee-miljoen informele handelaars verteenwoordig, waarsku die wet kan mense se lewensbestaan vernietig, die onwettige sigaretmark aanvuur en kleinhandelaars straf. Die alliansie se woordvoerder, Rosheda […]
# Public Interest South Africa sê die raad van die Administratiewe Agentskap van die Staatsdienspensioenfonds behoort misdadig verklaar te word omdat hy nalaat om op fluitjieblasers se bewerings te reageer. Voorsitter Tebogo Khaas het aan SABC News gesê die raad se versuim het verklikkers se lewens in gevaar gestel. Hy vra blitisige ministeriële ingryping en […]
# Die adjunk- nasionale kommissaris van polisie, Shadrack Sibiya, gaan Woensdag voor ‘n parlementêre ad hoc-komitee verskyn. Dit volg na bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat senior politieke leiers ingemeng het met ondersoeke na politieke moorde. Sibiya, wat tans op spesiale verlof is, ontken die bewerings en daag die proses in die hof […]
# AfriForum verwelkom die regering se verlenging van die tydperk vir openbare kommentaar op die konsepregulasies vir Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Vrydag se sperdatum is verskuif na 5 Oktober. Alana Bailey van AfriForum sê die bykomende tyd sal belanghebbendes kans gee om deeglike insette oor skooltoelating- en kapasiteitreëls te lewer. Sy bevestig AfriForum sal kommentaar […]
# Tennis: Novak Djokovic hoop om fiks genoeg te wees om behoorlik mee te ding met die jong Spanjaard Carlos Alcaraz in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope. Die 38-jarige Serwiër het tot dusver goed gelyk, ook in sy oorwinning oor die vierde-gekeurde Amerikaner Taylor Fritz in die kwarteindronde. Die 22-jarige wêreld-nommer-twee is egter die […]
# Die DA in Polokwane het burgemeester John Mpe versoek om dringend munisipale wateraansluiting te verseker vir die Generaal Piet Joubert-vaardigheidskool. Die skool, met 600 leerders waarvan 200 in koshuise woon, maak reeds vir langer as vier jaar staat op onbetroubare wateraflewerings met tenkwaens. Die skool het ook munisipale skuld van 400-duisend-rand vir byna nege […]
# Johannesburg se Metro-Polisiedepartement het bevestig dat die toneel van die noodlottige ongeluk op die N1 Noord-snelweg, tussen die Buccleuch-wisselaar en Allandale-weg, nou opgeruim is. Alle bane van die snelweg is weer oop. Motoriste moet egter steeds verkeersvertragings verwag namate die ernstige opeenhopings na die vroeëre ontwrigting begin opklaar. Die metropolisie het vroeër bevestig dat […]
# Die vakverbond Cosatu het die polisie geprys vir die vinnige inhegtenisneming van ‘n 80-jarige boer nadat ‘n jong man se liggaam ontdek is op sy Kroonstadse eiendom in die Vrystaat waar hy begrawe was. Die slagoffer, wat na bewering oor ‘n loongeskil vermoor is, was ‘n plaaswerker. Die boer staan tereg op aanklagte van […]