# Minstens 15 mense is dood en 18 ander beseer na Lissabon se beroemde Glória-kabelspoor in Portugal ontspoor en neergestort het. Volgens berigte het ‘n kabel langs die spoorlyn se roete losgekom, wat veroorsaak het dat dit beheer verloor en teen ‘n nabygeleë gebou gebots het. Owerhede sê daar was buitelandse burgers onder die oorledenes, […]
# Gholf: Jacques de Villiers van Suid-Afrika het ‘n openingsronde van 63 geslaan om die voortou te neem saam met Joe Knox van Engeland op sewe onder baansyfer in die Sonskyntoer se Sunbet Challenge by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Albert Venter is twee houe agter die voorlopers en hulle naaste uitdager op […]
# Die burgemeester van Ekurhuleni Nkosindiphile Xhakaza sê die metro maak vordering met die versterking van sy finansiële posisie na hy die 2,1-miljard-rand se inkomste-tekort aangespreek het. Die metro se huidige bankbalans is byna 1,2-miljard en sy beleggingsrekening is nou 672-miljoen-rand sterk teenoor die vorige balans van 245-miljoen-rand. Xhakaza sê intussen ‘n interne dissiplinêre proses […]
# Die adjunkhoofregter Dunstan Mlambo waarsku dat sonder onafhanklikheid die wettigheid van die regbank en sy vermoë om vryheid te beskerm, sal ineenstort. Hy het gister die hooftoespraak gelewer by die opening van die J20-beraad van Konstitusionele en Hooggeregshowe in Johannesburg. Die tweedaagse beraad word gehou onder die tema Geregtigheid in ‘n tyd van Verandering: […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het oproepe vir die volle openbaarmaking van die Jeffrey Epstein-lêers van die hand gewys. Dit volg terwyl wetgewers druk uitoefen vir die onthulling van meer dossiere wat verband hou met die oorlede finansier en veroordeelde seksoortreder se saak. Dinsdag het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Toesigkomitee meer as […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê drie onderwysers, wat daarvan beskuldig word dat hulle leerders seksueel aangerand het, is by die Tiyelelani Secondary School in Soshanguve, Pretoria, verwyder. Die drie is bekend vir die beweerde seksuele aanranding van kinders, terwyl ‘n busbestuurder daarvan beskuldig word dat hy ‘n onbehoorlike verhouding met ‘n leerder gehad het. Onderrig […]
# Die ANC het die uitlek van sy Limpopo-voorsitter Stan Mathabatha se opsystaan-brief veroordeel. In ‘n brief aan die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het hy sy besluit om vrywillig te bedank bekendgemaak en wangedrag en ‘n gebrek aan waardes in die ANC as redes aangevoer. Hy sê dit is veral duidelik in die prosesse […]
# Die nasionale adjunkkommissaris van polisie, Shadrack Sibiya, se regspan vra dat die Hooggeregshof in Pretoria moet besluit watter forum toepaslik is om sy saak aan te hoor. Sibiya betwis die besluit van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, om hom op spesiale verlof te plaas na bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sibiya se […]