# Die Verenigde Nasies werk nou saam met Pakistanse owerhede om vas te stel watter invloed die onlangse oorstromings op mense gehad het, behoeftes te bepaal en probleme met die hantering van die ramp op te los. Die oorstromings in die noorde het meer as 400 lewens geëis. Die VN sê die ramp, veroorsaak deur […]
# ActionSA sê hulle is uiters verontwaardig dat lede van die Parlement se Ad Hoc-komitee deur die media moes verneem dat getuies onbehoorlik geroep is om voor die komitee te verskyn. Die komitee se taak is om die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor korrupsie in die strafregstelsel te ondersoek. Matthew George van […]
# Die bekende persoonlikhede DJ Zinhle en die aktrise Rami Chuene het aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Ntombazana 2025 Vroue Bemagtigingseminaar deelgeneem het waar hulle jong vroue opgehef en inspireer het. Die seminaar het daarop gefokus om vrouestudente te bemagtig om hul potensiaal te besef, uitdagings te bestuur en uitsonderlikheid na te jaag. […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, pak die Kanadees Felix Auger-Aliassime in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope. Die Italianer het sy landgenoot Lorenzo Musetti in drie stelle verslaan. Auger-Aliassime het die Australiër Alex de Minaur geklop om die eerste keer sedert 2021 die halfeindronde van ‘n Grand Slam-toernooi te haal. Die tweemalige vroue-kampioen, […]
# Die Gautengse polisie het in ‘n poging om misdaad wat verband hou met handel in nie-ysterhoudende metaal en noodsaaklike infrastruktuur aan bande te lê. Koperkabels van sowat drie-miljoen-rand is by ‘n ongeregistreerde skrootwerf in De Deur herwin. Vyf buitelanders is aangekeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê hulle het ook beslag gelê op tuisgemaakte oonde […]
# ActionSA in KwaZulu-Natal het Woensdag in die raadsvergadering van eThekwini ‘n mosie ter tafel gelê om ‘n gespesialiseerde taakspan in die Metro polisie te vestig. Die party sê dis spesifiek om die krisis van onwettige vreemdelinge te hanteer wat dwelmhandel, gekaapte geboue en onwettige handel laat floreer. Zwakele Mncwango van ActionSA sê dis ‘n […]
# Die GOOD Party sê hulle is erg bekommerd oor Burkina Faso se terugwaartse wysigings aan hul Persone- en Gesinskode, wat deur die land se Oorgangsparlement aangeneem is. Die party sê die wysigings kriminaliseer selfdegeslag-verhoudings, wat ‘n gevaarlike stap terug vir menseregte op die Afrika-kontinent aandui. Keagen Gertse van GOOD sê Burkina Faso sluit hom […]