# Die polisie se hersiene plan van optrede oor geslagsgeweld en moord op vroue is skerp gekritiseer tydens ‘n gesamentlike vergadering van die Parlement se portefeuljekomitees oor Polisie en oor Vroue, die Jeug en Gestremdes. Die plan is in Januarie opgestel en fokus op die versterking van die voorste linie-dienste en vestiging van komitees wat […]
# Die GOOD Party het sy beroep op die regering herhaal om in plaas van leë toesprake beslissend op te tree in belang van Suid-Afrika se jeug. Die nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê implementering is noodsaaklik. Hy vra onmiddellike fokus op onderwys, industrialisering, digitale toegang en infrastruktuur. Arguileb beklemtoon ook dat swak skoolomstandighede, duur data […]
#Die Stad Johannesburg het Projek Lokisa, ‘n grootskaalse skuldinvorderingsplan, bekend gestel wat op welgestelde residensiële en kommersiële oortreders gemik is. Die waarnemende hoof van die Inkomstediens, Malope Ramagaga, sê die doel van die projek is om miljarde terug te kry wat op elektrisiteit, water en belasting geskuld word. Projek Lokisa gaan ook onwettige verbindings takel […]
#Sokker: Angola het gister ‘n 3-nul oorwinning oor ‘n aanmekaargeflansde Bafana Bafana-span behaal in ‘n sterk vertoning om die COSAFA-beker in die Vrystaat Stadion in Bloemfontein te wen. Laurido “Depu” Aurello van Angola het in die 43ste en 47ste minuut doele aangeteken en Milson het die oorwinning bekragtig met ‘n derde doel in die 62ste […]
#Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het bevestig die brand bo Boyes Rylaan en Peck’s Vallei in die Tafelberg Nasionale Park is onder beheer en opruiming het begin. SANParke sê Boyes Rylaan is nou oop en geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die publiek word aangeraai om staproetes op die berg te vermy. In ‘n verklaring […]
# Die Kanadese eerste minister Mark Carney sê bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika sal versterk word deur internasionale samewerking. Carney het president Ramaphosa ontmoet, voor die begin vandag van die G7 Beraad. Altwee lande hou vanjaar belangrike berade. Suid-Afrika is in November gasheer van die G20 Beraad. Carney het Suid-Afrika se ondersteuning met die brande in […]
#Die derde groep soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredesmag in die Demokratiese Republiek die Kongo word vandag tuis verwag. Die hoof van die SANW, general Ruzani Mapanya, het die tweede groep gister terug verwelkom en hulle helde genoem. Die eerste groep het Vrydag aangekom. Die ontplooiing het gevolg na ‘n dekade van konflik […]
#Die Parlement vra vir die insluiting van ouers en studenteverenigings wanneer die omstrede klousules van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette bespreek word. Dit volg na openbare verset teen klousules wat die beheer oor taal en toelatings van skole se beheerliggame na provinsiale hoofde verskuif. Belanghebbers voer aan die skuif bedreig plaaslike outonomie en moedertaalonderrig. Wetgewers […]