# Air Canada-vlugkelners het gister oorweldigend teen die lugredery se jongste loonaanbod gestem. Hul vakbond sê die stemming sal na verwagting geen uitwerking op vlugbedrywighede hê nie. Die voorlopige ooreenkoms, wat ‘n staking by die lugredery verlede maand beëindig het, sluit in ‘n salarisverhoging van 12-persent vanjaar vir die meeste junior vlugkelners en ‘n verhoging […]
# Drie mense is dood toe ‘n Volkswagen Polo gisteraand teen die agterkant van die ligte afleweringsvoertuig op die N4-tolpad tussen die Karino en Valecia-wisselaar in Mbombela, Mpumalanga, gebots het. Die woordvoerder van die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die sedan het ná die botsing langs die pad omgeslaan. Hy […]
# Sokker: Suid-Afrika het Lesotho met 3-0 op die Vrystaatstadion op wedstryddag 7 van die 2026 Wêreldbeker-kwalifiseerders getroef. Die oorwinning plaas Bafana Bafana in ‘n beter posisie om die eerste plek in Groep C van die 2026 Wêreldbeker-kwalifiseerders te behaal. Hugo Broos se manne het nou 13 punte op die bord en is vasbeslote om […]
# Cosatu sê hy is diep bekommerd oor die afleggings wat onlangs in verskeie sektore in Suid-Afrika aangekondig is. Die vakbond het onder andere verwys na Ford se plan verlede week om 470 poste te sny. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het ook na ArcelorMittal Suid-Afrika verwys, wat besluit het om teen die einde van […]
# Cosatu sê die regering moet samewerking met die VSA oor die 30-persent-tariefverhogings wat op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel is, dringend verskerp. Die federasie sê onderhandelinge moet laer tariewe en ‘n wedersyds voordelige nuwe handelsooreenkoms verseker. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die tariewe sal verreikende gevolge hê vir uitvoerders en vir die breër sukkelende Suid-Afrikaanse […]
# Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika het ‘n ongekwalifiseerde skoon ouditmening uitgereik oor die finansiële state van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering vir die 2024/25 boekjaar. Die ministerie se woordvoerder, Veli Mbele, sê dit is die departement se 5de agtereenvolgende skoon oudituitkoms. Hy sê die oudit dien as bevestiging dat die departement se finansiële […]
# Die DA in Johannesburg het in ‘n skrywe aan die burgemeesterskomiteelid vir Openbare Veiligheid, Mgcini Tshwaku, ‘n dringende vergadering aangevra. Die party sê die vergadering is om die omstandighede te bespreek wat gelei het tot die dood van twee studente van die Johannesburgse Metropolisie wat na bewering dood is ná ‘n JMPD fiksheidsbeoordeling ‘n […]