# Die regering sê Walmart se belegging in Suid-Afrika is ʼn teken van vertroue en ʼn sterk geloof in die land se ekonomiese trajek. Die Amerikaanse kleinhandelreus beplan om sy eerste winkels later vanjaar in die land te open. Die winkels sal vars kruideniersware, huishoudelike artikels, klere en tegnologiese produkte verkoop, en sal produkte aankoop […]
# Die visekanselier van die Rhodes Universiteit, professor Sizwe Mabizela, het die ontvangers van die gesogte Distinguished Alumni-toekenning vir 2025 aangekondig. Hulle is professor Michael Davies-Coleman, bekend vir sy navorsing in bio-chemie, John Donald, bekende in Suid-Afrikaanse sportadministrasie-kringe, ‘n vooraanstaande leier in die land se motorbedryf, Billy Eric Tom, en die huidige hoof en visekanselier […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê sonder die beskerming van eiendomsregte kan daar geen ekonomiese bestendigheid, geen groei in belegging en geen toekoms vir landbou of werksekerheid wees nie. Die Ad Hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het gister die Eiendomsregte-konferensie in Pretoria aangebied. Die tema was Eiendomsregte as sleutel tot vrede. TLU SA se […]
# Meer as 20-duisend inskrywings van 30 lande is vir die Musiekfotografie-toekennings ontvang. Abbey Road Studios het die benoemdes aangekondig met twee nuwe kategorieë wat bygevoeg is: portrette en feeste. Die foto’s wat ingeskryf is, beeld onder ander sterre soos Chapple Roan, Lana Del Rey, Charli XCX, Maggie Rogers, Doja Cat, and Burna Boy uit. […]
# Die DA sê hy verwelkom die voortgesette groei in die landbousektor se bydra tot die bruto binnelandse produk onder die rentmeesterskap van minister John Steenhuisen. Die sektor het in die tweede kwartaal vanjaar met 2,5-persent gegroei ná ʼn hersiene 18,6-persent styging in die eerste kwartaal. Dis hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende ekonomiese aktiwiteit in akkerbou- […]
# Die Wes-Kaapse LUR van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die Gemengde Finansieringskema is ‘n deurbraak vir opkomende en kleinboere. Die skema, aangevoer deur die nasionale Departement van Landbou, in vennootskap met finansiële instellings soos die Landbank en ABSA, is bedoel om finansiële risiko te verminder terwyl toegang tot kapitaal verbeter word. […]
# ActionSA het ‘n brief aan president Cyril Ramaphosa in die Parlement oorhandig waarin hy pleit vir die afkondiging van ‘n noodtoestand op die Kaapse Vlakte. Twee-honderd-en-agt van die 240 bendeverwante moorde tussen Januarie en Maart vanjaar het in die Wes-Kaap plaasgevind. Dereleen James van ActionSA sê die slagoffers van bende- en dwelmverwante misdade is […]
# Die konstruksiereus, Murray and Roberts Holdings, is na ʼn hofbevel onder voorlopige likwidasie geplaas. Die Gautengse Hooggeregshof het die bevel toegestaan na ʼn aansoek deur die maatskappy se krediteure. Dit kom te midde van ʼn parallelle proses waar Murray and Roberts Limited, ʼn dogtermaatskappy van die beheermaatskappy, onder vrywillige sakeredding geplaas is. Die sakeredding-praktisyn […]