Skip to content

Lande met Russiessprekende bevolkings in gevaar, waarsku Zelenskyy

# Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelenskyy, waarsku lande met ‘n beduidende Russies-sprekende bevolking kan volgende in Moskou se visier wees. Hy sê die gevaarlikste oomblik is vir lande in Oos-Europa met mense met Russiese wortels, nie omdat hulle self enige bedreiging inhou nie, maar omdat die Kremlin hul veiligheid sal gebruik as ‘n verskoning vir ‘n inval. Hy het Pole, Slowakye, Letland, Moldawië en Estland genoem as van die lande wat moontlik bedreig kan word indien Oekraïne tot ʼn val kom.