# Statistiek Suid-Afrika sê die verligting in brandstofinflasie het gehelp om die jaarlikse vervoerinflasie in Augustus te beperk. Vervoerinflasie het van 8,9-persent in Julie tot 8,8-persent in Augustus afgeneem, terwyl jaarlikse brandstofprys-inflasie tot 20-persent verlangsaam het. Petrolpryse het tussen Julie en Augustus met twee-persent gedaal en dieselpryse het met 3,1-persent gestyg. Woordvoerder Ricado Johnson sê die prys van stokvis het die afgelope jaar met 12-persent gestyg en visvingers met 11,3-persent:
Laer brandstofinflasie verlig druk op vervoerkoste in Augustus [KLANK]
AFR JohnsonOnAugFuelInflation