Skip to content

KZN stel digitale verkrygingstelsel bekend om vermorsing en korrupsie aan te pak

# KwaZulu-Natal is die eerste provinsie om ‘n digitale voorsieningskettingbestuurstelsel in te stel, wat ten doel het om bedrog, korrupsie en onreëlmatige besteding te bekamp. Die stelsel is deur die LUR vir Finansies, Francois Rodgers, in Pietermaritzburg bekendgestel en sal tydens die 2025/26-boekjaar se begroting van 158-miljard-rand van stapel gestuur word. Rodgers sê die stesel waarborg deursigtigheid, doeltreffendheid en verantwoordbaarheid met verkrygings. Hy het ook ‘n nuwe data-ontledingsentrum aangekondig, met ‘n regstreekse finansiële paneelbord om besteding, inkomste, skuld en personeel in provinsiale departemente na te spoor.