Skip to content

KZN se LUR vir Samewerkende Regering eis ingryping na toename in moorde op munisipale werkers

# KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, waarsku munisipaliteite om bestaande maatreëls te verskerp om werknemers se welstand en veiligheid te verseker. Msinga-munisipaliteit se brandweerhoof, Khalesakhe Mchunu, is Maandag in sy voertuig doodgeskiet. ʼn Amptenaar van die KwaDukuza plaaslike munisipaliteit, Nokulunga Happiness Mashabane, is verlede maand geskiet. LUR Buthelezi sê hierdie aanvalle op staatsamptenare wat die gemeenskap wil dien, is onaanvaarbaar en ondermyn plaaslike regering.