# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê wette moet afgedwing word om te keer dat mense in vloedgebiede bou. Ten minste 86 mense het die afgelope week in die Oos-Kaap omgekom. In reaksie op die 2022-oorstromings in KwaZulu-Natal, wat 443 lewens geëis het, het Ntuli gesê mense wat wins maak uit onwettige ontwikkelings vererger die risiko. Hy sê dringende optrede word verlang van die regering, tradisionele leiers en belanghebbendes om munisipaliteite te ondersteun in die toepassing van verordeninge om tragedies en lewensverlies te voorkom:
KZN-premier vra vir strenger wette om bouwerk in vloedgebiede te voorkom [KLANK]
ENG-NtuliOnFlood Lines