# KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, moedig provinsiale regeringsdepartemente en munisipaliteite aan om die voortou te neem en met Ithala sake te doen. Die bank het sedert 16 Januarie nie handel gedryf nie nadat die Reserwebank se Voorsorgowerheid ʼn hofaansoek ingedien het om dit bankrot te verklaar, en bankrotskap en regulatoriese nienakoming as redes aangevoer het. ʼn Hofbeslissing het die instelling verlede week goedkeuring gegee om bedrywighede gedeeltelik te hervat. Ntuli sê Ithala is nie net ʼn bank nie, maar ʼn baken van ʼn stryd vir ekonomiese geregtigheid en waardigheid:
KZN-premier sê munisipaliteite moet by beleërde Ithala Bank sake doen [KLANK]
ENG NtulionIthalaBank