Skip to content

KZN-premier sê bewerings teen twee LUR’e sal ondersoek word [KLANK]

# KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, sê hy neem kennis van die ernstige aantygings teen die LUR van Gesondheid, Nomagugu Simelane, en LUR van Onderwys, Sipho Hlomuka. Simelane se familie-onderneming, Kwazi-Gugu Investments, het volgens berigte dubbele betalings van altesaam 1,42-miljoen-rand van die provinsiale Landboudepartement ontvang. Hlomuka het blykbaar diensverskaffers vir die Nasionale Skolevoedingsprogram gekies wat van manipulasie met verkryging verdink word. Die premier se woordvoerder, Lindelani Mbatha, sê die bewerings sal ondersoek word:

ENG LindelanionAllegations