# Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word versoek om waaksaam te bly aangesien erge donderstorms in die westelike en noordelike dele van die provinsie verwag word. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het inwoners in laagliggende areas en gebiede waar vloede voorkom, aangeraai om voorsorg te tref, kinders binnenshuis te hou, oorstroomde riviere te vermy en dreineringstelsels skoon te maak. Senzelwe Mzila van die departement sê rampbestuurspanne is op hoë gereedheidsgrondslag: