Skip to content

KZN LUR prys vinnige optrede van reddingspanne om vasgekeerde konstruksiewerkers in Ballito te bevry [KLANK]

# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het noodspanne geprys vir die vinnige redding van twee werkers wat Woensdag by ‘n konstruksieterrein in Ballito na ‘n grondstorting vasgekeer is. Hulle was van die knieë af ondertoe vasgedruk, maar is binne ‘n uur bevry deur ‘n gesamentlike poging van brandweerdienste en mediese spanne. Senzelwe Mzila van die departement het kontrakteurs gewaarsku om veiligheidsreëls op konstruksieterreine streng te volg om soortgelyke voorvalle te vermy:

ENG MzilaOnRescue