# Die Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir Vervoer, Kenny Kunene, sê die metro ontwikkel planne om die uitwerking van onwettige mynbou in dele van die Wes-Rand aan te pak. Kunene het Roodepoort besoek nadat sinkgate en onwettige myntonnels onder paaie, winkels en woongebiede ontdek is. Hy sê ‘n multidissiplinêre benadering word benodig wat die Johannesburgse Metropolisie, die polisie en die provinsiale regering betrek. Kunene sê die stad bring dunner kabels en alternatiewe energiestelsels aan om verkeerinfrastruktuur te beskerm.
Kunene beloof optrede teen onwettige mynbou in Johannesburg