Skip to content

Kuberaanval ontwrig Rusland se nasionale lugredery

# ‘n Kuberaanval op die nasionale lugredery van Rusland, Aeroflot, het beteken dat 42 vlugte nie vandag kon opstyg nie. ‘n Oekraïense en ’n Belo-Russiese kuberkraker-groep het verantwoordelikheid vir die voorval geëis. Die ontwrigting van vlugte in Rusland het algemeen geword sedert die oorlog met die Oekraïne begin het, en is baie keer weens hommeltuie in die Russiese lugruim, maar hierdie is die eerste keer dat ‘n kuberaanval ontwrigting op hierdie skaal veroorsaak het. Die staatsaanklaer van Rusland sê hy het ‘n kriminele ondersoek ingestel nadat vlugte by die Sheremetyevo-lughawe in Moskou ontwrig is.