# Die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika bly ‘n grondwetlike demokrasie waar die oppergesag van die reg geld. Sy sê kwessies rakende asielsoekers, migrasie en grensbestuur moet volgens die wet opgelos word. Dit volg nadat 30 mense sedert Donderdag in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is, insluitend persone wat na bewering onrus aangehits en spanning in gemeenskappe veroorsaak het. Kubayi waarsku die regering sal nie dreigemente, intimidasie of enige onwettige optrede wat openbare veiligheid in gevaar stel, duld nie:
Kubayi sê kwessies rakende asiel moet volgens die wet opgelos word [KLANK]
ENG KubayiONAsylum