# Die minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika moet nie bekommerd wees oor die begroting van 148-miljoen-rand vir die Madlanga-kommissie nie. Kubayi het tydens ‘n onderhoud met eNCA, Suid-Afrikaners verseker kostebesparende maatreëls is ingestel, insluitend die gebruik van regeringsgeboue. Kubayi het die belangrikheid beklemtoon om kommissarisse te ondersteun, gegewe die sensitiewe werk wat voorlê met kartelle en verklikkers. Sy voeg by die beskerming van getuies en ondersoekers is van kardinale belang:
Kubayi bevestig ‘n begroting vir verklikkers ná voltooiing van Madlanga-kommissie [KLANK]
ENG-KubayiOnProtection