# Die groot kriptoplatform Luno doen ‘n beroep op die regering om Raadskennisgewing 90 te wysig om Kollektiewe Beleggingskemas toe te laat om ‘n persentasie van hul batetoewysing in kripto-bates, soos Bitcoin, te belê. Dit volg op ‘n onlangse antwoord in die Parlement deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, dat kripto-bates steeds as riskante beleggings beskou word. Luno se hoofbestuurder vir Afrika en Europa, Marius Reitz, sê hierdie siening is teenstrydig met die groeiende internasionale institusionele aanvaarding van kriptogeldeenhede. Hy sê gewone beleggers kan baat vind by digitale finansies en hul welvaart laat groei.