# Geslote kringtelevisie-beeldmateriaal van die Kaapse Metropolisie het 215 breek-en-gryp-voorvalle aangeteken vanaf Julie 2024 tot Mei 2025, meestal in die laatmiddag en oor naweke. Die Bonteheuwel-Langa-deurgang bly ‘n brandpunt, met verhoogde bedrywighede in Leonsdale, Philippi en Milnerton. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê waaksaamheid is die sleutel en vra motoriste om waardevolle goedere weg te steek, deure te sluit en op hul hoede te bly. Doelgerigte ontplooiings word beplan om padveiligheid te verbeter:
Kringtelevisie in Kaapstad bespeur 215 breek-en-gryp-voorvalle in geïdentifiseerde brandpunte [KLANK]
AFR-SmithOnSmash