# Krieket: Zimbabwe is gedwing om op te volg nadat die Proteas hulle vir net 170 uitgeboul het – ‘n reuse-agterstand van 456 lopies. Suid-Afrika se waarnemende kaptein, Wiaan Mulder, het die besoekers se eerste beurt op 626 vir vyf gesluit op die tweede oggend nadat hy ‘n skitterende onoorwonne 367 bygedra het – net 33 lopies kort van die legendariese Windie-kolwer Brian Lara se wêreldrekord van 400 in 2004. David Bedingham het 82 bygedra en Lhuan-dré Pretorius 78. Prenelan Subrayen het daarna vier paaltjies geneem en Mulder en Codi Yusuf elk twee.
Krieket: Zimbabwe gedwing om op te volg na eerstebeurt-agterstand van 456 lopies