Skip to content

Krieket: Wolvaardt glo veterane Ismael en Van Niekerk sal Proteas se Wêreldbekergroep versterk

# Krieket: Die kaptein van die Protea-vrouespan, Laura Wolvaardt, glo die insluiting van die veterane Shabnim Ismael en Dané van Niekerk sal die span versterk in die T20-Wêreldbekertoernooi wat Vrydag in Engeland en Wallis begin. Hulle het hul vroeëre uittrede herroep, maar Wolvaardt sê hulle was die hele tyd aktief en sal Suid-Afrika help om ‘n stap verder te gaan nadat hulle die eindstryd van die afgelope drie witbal-Wêreldbekertoernooie gehaal het. Die Proteas speel hul groepwedstryde teen Australië, Pakistan, Indië en Nederland.