# Krieket: Die Protea-vroue het Indië met agt paaltjies verslaan in die tweede T20 in Durban en loop 2-0 voor in die reeks van vyf wedstryde. Tumi Sekhukhune en Chloé Tryon het elk drie paaltjies platgetrek en die besoekers help uitboul vir 147. Daarna het kaptein Laura Wolvaardt en Suné Luus ‘n aanvangsvennootskap van 106 opgebou en Suid-Afrika het die teiken bereik met 17 balle oor. Die derde en vierde kragmetings word Woensdag en Saterdag op die Wanderers gespeel en die laaste een volgende Maandag in Benoni.
Krieket: Wolvaardt en Luus lei Protea-vroue na oorwinning in tweede T20 teen Indië