# Krieket: Die voormalige Nieu-Seelandse toetskaptein, Kane Williamson, is ten gunste van aangewese gleuwe in die internasionale spel en glo dit kan bydra tot ‘n meer gelyke Wêreldtoetskampioenskap. Die Internasionale Krieketraad sal later die maand die voorgestelde veranderings aan die formaat oorweeg nadat kritiek ontvang is oor ongebalanseerde skedules en ‘n verwarrende puntestelsel. Williamson sê die huidige siklus, waarin Australië, Engeland en Indië baie meer wedstryde speel as ander lande, is nie ideaal nie. Suid-Afrika speel teen Australië in die eindstryd van die huidige siklus.
Krieket: Williamson steun veranderings aan Wêreldtoetskampioenskap