# Krieket: Die Protea-vroue het volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode ʼn nederlaag van vier paaltjies gely teen die Wes-Indiese vroue in die eerste eendagwedstryd in Barbados. Tazmin Brits het 57 aangeteken en Suid-Afrika het 232 vir nege in hul 50 boulbeurte behaal. In reaksie het die gasvroue ʼn aangepaste teiken van 180 in 34 boulbeurte gejaag nadat spel deur reën onderbreek is. Hulle het die teiken bereik met twee boulbeurte oor en loop met 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde. Die tweede eendagwedstryd vind Saterdag plaas.
Krieket: Wes-Indiese vrouespan verslaan Suid-Afrika in eerste eendagwedstryd