Skip to content

Krieket: Wes-Indiese vroue beklink T20-reeks teen Suid-Afrika

# Krieket: Die Wes-Indiese vrouespan het Suid-Afrika met ses paaltjies verslaan in die derde en laaste T20-wedstryd in Barbados en die reeks met 2-1 gewen. Die 20-jarige Miané Smit het ʼn onoorwonne 59 behaal en die Proteas het 147 vir ses aangeteken. In antwoord daarop het kaptein Hayley Matthews 65 van 50 balle gemoker en die tuisspan het die teiken gehaal met nege balle oor. Dis die eerste keer in 12 jaar dat die Wes-Indies Suid-Afrika in ʼn reeks tussen die twee lande kon wen.