Skip to content

Krieket: Wes-Indies klop Protea-vroue in tweede T20 om reeks gelykop te maak

# Krieket: Die Wes-Indiese vrouespan het Suid-Afrika met ses paaltjies verslaan om die T20-reeks van drie wedstryde in Barbados gelykop met een elk te maak. Die draaiboulers Afy Fletcher en Karishma Ramharack het elkeen twee paaltjies platgetrek en Suid-Afrika is in hul 20 boulbeurte tot 113 vir ses beperk. In antwoord daarop het kaptein Hayley Matthews ʼn onoorwonne 63 van 56 balle behaal en die Wes-Indies het die teiken in die laaste boulbeurt bereik. Die bepalende wedstryd vind vanaand plaas.