# Krieket: Die Wanderers in Johannesburg sal op 21 November volgende jaar, soos in 2003, die eindstryd van die eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied. Indië en die verdedigende kampioen, Australië, speel op 7 Oktober in die openingswedstryd op Nuweland in Kaapstad, waar die eerste halfeindstryd ook sal plaasvind, en die tweede in Centurion. Die toernooi vind plaas in twaalf plekke in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië. In Suid-Afrika sal wedstryde ook gespeel word in die Paarl, Bloemfontein, Durban, KuGompo City en Gqeberha. Ander gasheerstede en dorpe sluit in Harare, Bulawayo en Windhoek.
Krieket: Wanderers in 2027 gasheer vir eindstryd van eendag-Wêreldbekertoernooi