# Krieket: Die eerste van twee toetse tussen Suid-Afrika en Bangladesj begin môre op die Wanderers in Johannesburg. Die reeks is deel van die Wêreldtoetskampioenskap. Die Proteas is die verdedigende kampioene en tans tweede op die punteleer agter Nieu-Seeland. Hulle word gevolg deur Australië en Indië, terwyl Bangladesj in die vyfde plek is. Die Wanderers se baanopsigter, Brendon Frost, beoog ‘n blad wat die snelboulers sal begunstig maar steeds ‘n vyfdaagse stryd sal toelaat. Die laaste toets begin die 23ste November op SuperSport Park in Centurion, Gauteng.
Krieket: Wanderers-baanopsigter hoop op kolfblad wat vyfdagwedstryd moontlik sal maak