Skip to content

Krieket: Voormalige paaltjiewagter word eerste vroue-afrigter van Engelse manspan

# Krieket: Sarah Taylor is die eerste vroue-afrigter van Engeland se senior manspan nadat sy as veldwerkghoeroe aangestel is vir volgende maand se reeks van drie toetse teen Nieu-Seeland. Die 36-jarige voormalige paaltjiewagter het 226 wedstryde in alle formate vir die nasionale vrouespan gespeel en was deel van die T20- en die eendag-Wêreldbeker-kampioenspan in 2009. Sy het in 2019 uitgetree en ‘n afrigtingsloopbaan begin. Die direkteur van krieket, Rob Key, sê Taylor is een van die bestes in die spel.