Skip to content

Krieket: Vierde T20 tussen Nieu-Seeland en Wes-Indiese Eilande reën uit

# Krieket: Die vierde T20 tussen Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande is weens reën afgelas na minder as sewe boulbeurte. Die Windies is ingestuur om eerste te kolf en het in hulle sewende boulbeurt 38 vir een bereik toe ‘n tweede reënbui die wedstryd op die Saxton-ovaal in Nelson beëindig het. Nieu-Seeland loop 2-1 voor in die reeks met die vyfde en laaste wedstryd wat Donderdag in Dunedin gespeel word.