# Krieket: Will Jacks het met die kolf en die bal geskitter in Engeland se oorwinning van 89 lopies oor Sri Lanka in die eerste van drie eendagwedstryde in Durham. Kaptein Harry Brook het 67 aangeteken en Jacks ‘n onoorwonne 46. Die tuisspan is vir 265 uitgeboul en die besoekers is binne 37 boulbeurte uitgeknikker vir 176. Jacks het die beste vertoning van sy loopbaan gelewer met vyf paaltjies vir 22 lopies. Engeland kan môre op Headingley ‘n derde agtereenvolgende eendagreeks beklink, met nog ‘n wedstryd oor.
Krieket: Veelsydige Will Jacks lei Engeland na oorwinning in eerste eendagwedstryd teen Sri Lanka