# Krieket: Die veelsydige Wes-Indiese speler, Andre Russell, gaan uit internasionale krieket tree na die tweede T20-wedstryd teen Australië wat op 22 Julie in sy tuisstad, Kingston in Jamaika, plaasvind. Die 37-jarige Russel, ʼn tweemalige T20-wêreldbekerwenner, het 84 internasionale wedstryde in die formaat gespeel en 70 paaltjies platgetrek. Russell sê hy wil sy internasionale loopbaan op ʼn hoogtepunt afsluit en ʼn rolmodel wees vir die volgende geslag krieketspelers uit die Karibiese Eilande.
Krieket: Veelsydige Wes-Indiese speler Andre Russell gaan uittree