Skip to content

Krieket: VAE-gebaseerde ILT20 gaan nie aantal oorsese spelers verminder nie

# Krieket: Die Internasionale Liga T20 se uitvoerende hoof, David White, sê daar is geen planne om die aantal oorsese spelers in ʼn span te verminder nie. Die IL-T20, wat in die Verenigde Arabiese Emirate gebaseer is, laat tans tot nege buitelandse spelers toe, maar word gekritiseer omdat dit glo die internasionale krieketstelsel ontwrig. Die kompetisie bots regstreeks met ligas in Suid-Afrika, Australië en Bangladesj, asook die bilaterale internasionale krieketprogram. White sê hulle hoop die aantal plaaslike spelers in die liga sal toeneem wanneer plaaslike strukture verbeter.