# Krieket: Australië se kaptein, Pat Cummins, kan minstens die eerste toets in die reeks om die As teen Engeland misloop. ‘n Knaende rugprobleem verhoed dat hy kan begin boul, slegs ses weke voor die begin van die eerste toets in Perth die 21ste van volgende maand. Dis volgens berigte ook moontlik dat Cummins die hele reeks kan misloop, wat voortgesit word in Brisbane, Adelaide, Melbourne en Sydney. As hy nie kan speel nie, sal Steve Smith na verwagting kaptein wees en Scott Boland die plaasvervanger-bouler.
Krieket: Twyfel oor Cummins se fiksheid vir die reeks om die As