# Krieket: Die Protea-paaltjiewagter Connor Esterhuizen en die Indiërs Sanju Samson en Jasprit Bumrah is benoem as die Internasionale Krieketraad se Spelers van die Maand vir Maart. Esterhuizen het beïndruk in die T20-reeks teen Nieu-Seeland waar hy 200 lopies in vyf wedstryde aangeteken het. Die Suid-Afrikaner Ayabonga Khaka is in die vroue-afdeling benoem saam met Nieu-Seeland se kaptein, Melie Kerr, en die Australiër Beth Mooney. Khaka het agt paaltjies platgetrek in die T20-reeks teen Nieu-Seeland. Haar ses paaltjies in die eerste eendagwedstryd in Christchurch was die beste van haar loopbaan.
Krieket: Twee Suid-Afrikaners, Connor Esterhuizen en Ayabonga Khaka, benoem vir Speler van die Maand-toekenning