# Krieket: Afganistan se Krieketraad het aangekondig die voormalige Engelse kolwer Jonathan Trott gaan na die T20-wêreldbeker wat in Februarie begin, die span as afrigter verlaat. Die 44-jarige, wat in Suid-Afrika gebore is, het die span sedert 2022 afgerig en hulle verlede jaar tot in die halfeindronde geneem. Die Raad sê die land het van sy mees onvergeetlike oomblikke in die onlangse krieketgeskiedenis onder hom gevier. Trott sê dit was ‘n voorreg om saam met die nasionale spelers te werk en hul passie, veerkragtigheid en strewe na grootheid te ervaar.