Skip to content

Krieket: Tiener-sensasie Maphaka sluit aan by die Protea-eendagspan vir reeks teen Australië

# Krieket: Die snelbouler Kwena Maphaka is in die Proteas se groep ingesluit vir die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië. Die 19-jarige was indrukwekkend in die T20-wedstryde teen die Aussies toe hy nege paaltjies platgetrek het – die meeste in die reeks wat die gasheer 2-1 gewen het. Australië verwelkom intussen die ervare kolwer, Marnus Labuschagne, terug in die groep nadat hy vir die onlangse toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande weggelaat is. Die eerste eendagwedstryd word môre in Cairns gespeel.