# Krieket: Protea-kaptein Temba Bavuma is later die maand weer in aksie ná sy kuitbesering. Hy is ingesluit by Suid-Afrika A se groep vir die vierdagreeks teen Indië, en sal beskikbaar wees vir die tweede van twee eersteklaswedstryde in Bengaluru. Suid-Afrika A speel in November ook drie eendagwedstryde teen Indië A in Rajkot. Krieket Suid-Afrika sê Bavuma se insluiting is deel van sy terugkeerprogram in aanloop tot die Proteas se reeks teen Indië in November en Desember.
Krieket: Temba Bavuma ingesluit by Suid-Afrika A-groep se toer na Indië