Skip to content

Krieket: Temba Bavuma aangewys op die tydskrif Time se lys van 100 invloedrykste mense in sport

# Krieket: Die Proteas se toets- en eendagkaptein, Temba Bavuma, is aangewys op die tydskrif Time se lys van die 100 invloedrykste mense in sport. Hy verskyn saam met wêreldbekende sportreuse soos die sokkerspelers Lionel Messi en Cristiano Ronaldo en die basketbalster LeBron James. Bavuma en die Indiese vroue-ster Smriti Mandhana is die enigste krieketspelers op die gesogte lys. Time beklemtoon Bavuma se inspirerende leierskap in Suid-Afrika se geskiedkundige oorwinning oor Australië in die Wêreldtoetskampioenskaps-eindstryd op Lord’s, wat die land se trofee-droogte van 27 jaar in groot toernooie beëindig het.