Skip to content

Krieket: Tebogo Macheke word eerste keer opgeroep vir Protea-vrouespan se T20-reeks teen Indië

# Krieket: Die Titans se paaltjiewagter, Tebogo Macheke, is die eerste keer opgeroep na die Protea-vrouegroep vir die reeks van vyf T20s teen Indië. Sy vervang die beseerde Karabo Meso. Die veelsydige Titans-speler, Eliz-Mari Marx, sal die naatbouler Masabata Klaas vervang. Anneke Bosch behou haar plek nadat sy die beseerde Dané van Niekerk in die T20-reeks teen Nieu-Seeland vervang het. Die eerste wedstryd vind Vrydag in Durban plaas. Die reeks is die laaste voorbereiding vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat in Junie en Julie in Engeland plaasvind.